MARY MOFFAT
  Toe Mary Moffat (1795 - 1870) Engeland verlaat het, was sy ‘n klein, fyn vroutjie wat bekend was vir haar skugterheid en tenger bou. Maar ná 50 jaar as pionier en sendeling saam met haar man, Robert, in Kuruman, Suid-Afrika, het sy die skoene van ‘n moeder met krag en deernis volgestaan.
Hoewel sy ‘n buitelander en vreemdeling was onder die mense van die toenmalige Betsjoeanaland, het hulle “Ma Mary”, soos hulle haar genoem het, as stam-moeder beskou. Sy was die toonbeeld van liefde-in-aksie en het mense van elke stam onder haar vlerk geneem en versorg.
Sy het 3 swart kinders gered deur te keer dat hulle lewend begrawe word en hulle daarna aangeneem terwyl sy reeds 10 kinders van haar eie gehad het.
Toe daar ‘n instroming van nuwe sendelinge na Suid-Afrika was, het sy die rol van moeder aangeneem en gehelp waar sy kon in tye van siekte, kos en ander voorrade voorsien, en bowenal raad, bemoediging en liefde gegee.
Gedurende die Moffat’s se eerste 12 jaar op Kuruman het hul evangelisasiepoging in dié gebied hopeloos gelyk. In plaas van ontvanklike harte en nuuskierige vrae het hulle veel bespotting, minagting en kritiek verduur. Hulle het dit gelate aanvaar dat die Betsjoeanas geduring hulle oeste, skape, gereedskap en selfs die brood uit hulle oond gesteel het. Maar toe daar in 1829 herlewing onder die mense begin plaasvind het, het die hele dorp verander. Buiten die ontsaglike groot taak wat Robert op hom geneem het om die Bybel in Setswana te vertaal, het hy ook begin om die mans alles wat hy geweet het, te leer - van tuinmaak tot houtwerk en selfs hoe om te lees. Intussen het Mary die vroue geleer hoe om hul kinders se siektes te behan-del, hul gesinne se eetgewoontes te verbeter, hul eie klere te maak, en selfs om kerse te maak sodat hulle in die aand lig kon hê.
Robert Moffat was verantwoor-delik vir die eerste Bybels in Afrikatale, maar Mary was die krag agter elke vertaalde woord. “Jy sal nooit toelaat dat ons moed verloor nie” het Robert op ‘n keer vir sy vrou gesê. “Jy het ons al keer op keer uit wanhoop en vertwyfeling gered met jou moedigheid en onoorwinlike geloof.” En met haar tenger lyfie het sy geantwoord: “Miskien is dit omdat ek so swak en bang is dat ek weet ek het geen krag uit myself nie. Ek moet een-voudig op God vertrou, anders sal ek sterf.”
- Geesvervulde Lewe Bybel, Struik Christelike Boeke, 2007.

Indeks     Index